Die 64-jarige Salome Boshoff het op 19 November vermis geraak na sy haar huis op Boksburg verlaat het.
Debbie de Beer, van SA Community Crime Watch (SACCW), sê Salome is sedert haar verdwyning nog glad nie weer gesien nie.
Salome weeg ongeveer 64 kg, is 1,76 m lank, het bruin oë. Dit is nie bekend watter klere sy tydens haar verdwyning aangehad het nie.
Volgens De Beer is Annemarie, Salome se dogter, baie bekommerd oor haar ma. Hulle het haar pa drie maande voor haar ma se verdwyning aan die dood afgestaan. Salome is dus baie depressief en sy het ook eers onlangs na Boksburg verhuis.
Haar voertuig is ‘n wit Chevrolet Spark 2015.
Enigiemand met inligting oor waar die vermiste Salome Boshoff haar kan bevind, moet asseblief die ondersoekbeampte by 081 354 4335 skakel.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Babaseuntjie ses dae na geboorte gesteel



