Louan reeds meer as drie weke vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die 37-jarige Louan Japhta van Sunnyridge in Johannesburg is sedert 4 November vermis.

Sy ma, Sharoma Thompson, wat rasend van bekommernis is oor haar seun, sê sy het oral gaan soek waar sy dink Louan kan wees, maar sy kon hom nêrens opspoor nie. Al leidraad wat sy tot dusver gekry het, is dat hy by ‘n Shoprite naby haar huis gesien is.

Sharoma het Louan as vermis aangemeld by die polisie.

“Hy het al vantevore weggeraak, maar hy het nog nooit so lank weggebly sonder om iets te laat weet nie.”

Indien jy Louan iewers gewaar, skakel sy ma, Sharoma Thompson by 0739520439.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. hou fotokompetisie