December 7, 2021

Piers Morgan kan Meghan Markle nie verdra nie

Photo: Screenshot (Ellen DeGeneres Show)

Piers Morgan, ‘n Britse aanbieder, reken Meghan Markle se verskyning op die Ellen DeGeneres Show was skadelik vir haar “handelsmerk”.

Markle se verskyning op die program was haar eerste besoek aan ‘n televisiegeselsprogram sedert sy ‘n lid van die Britse koninklike familie geword het.

Piers sê in ‘n Twitter-plasing sy het haarself soos ‘n “desperate realiteit-TV-ster gedra” en dat om daarna te kyk mens “naar maak”. Hy het verder gegaan en gesê selfs ‘n Kardashian sou dit vernederend gevind het.

Markle het onder andere ‘n foto van haarself gedeel toe sy in laerskool was, waar sy baie opgepofte hare gehad het. Sy het gesê die kinders het haar “Krusty, die nar” genoem en het haar gespot.

Tydens haar verskyning op die program het DeGeneres gesê Markle was gretig om deel te neem aan een van die program se befaamde poetse.

“Toe ek een Meghan gesels het voor die program, het Meghan gesê sy wil een van daardie poetse doen.”

Dié poetse is waar die gas (Markle) ‘n gehoorstuk dra waardeur DeGeneres instruksies gee oor hoe om op te tree in die openbaar. Die persoon maak dan ‘n totale gek van hom/haarself.

Markle moes onder andere uit ‘n bababottel drink en ‘n liedjie sing wat oor katjies gaan.

Sosialemediagebruikers het Markle daaroor gekritiseer en gevra hoekom is sy nog op televisie as sy privaatheid soek; waarom kyk mense nog na wat sy doen, terwyl ander bly was om te sien Markle neem haarself nie so ernstig op nie.

Piers Morgan het sy hoëprofiel-ontbyttelevisiegleuf verloor nadat hy homself uitgelaat het oor Markle. Hy het sy langdurige kritiek op haar verskerp na haar onderhoud met Oprah Winfrey, waarin sy onthul het sy wou selfmoord pleeg terwyl sy as Prins Harry se vrou in Brittanje gewoon het.

Die oggend nadat die onderhoud op Amerikaanse televisie uitgesaai is, het Morgan onder ‘n stortvloed ander kritiek op Good Morning Britain gesê hy glo nie ‘n woord wat Meghan gesê het nie. In ‘n twiet het hy haar “Prinses Pinocchio” genoem.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees hier vir meer nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *