Rocklegende, Francois van Coke, is omtrent so ernstig oor sy koffie as wat hy is oor musiekmaak en optree. “Ek drink baie koffie. Ek drink koffie in enige vorm. Enige manier wat ek kaffeïen in my lyf kan kry, is goed,” vertel hy.
Maar die tyd het gekom om net goeie koffie te drink! “Deur die jare het ek al ‘n paar keer geleenthede gehad om ‘n koffie te ‘doen’ maar hierdie keer het dit reg gevoel en geproe om dit saam met Monarch Coffee Cartel te doen,” sê Francois.
So betree Vancoke’s Coffee se Dagdrome Blend die verhoog in ‘n 250 g-blik wat hergebruik kan word.
“Ek is baie opgewonde om hierdie amazing koffie op die mark te sit.”
Die Dagdrome Blend is 100% Arabica, medium en effe donker gerooster. Die geurige bone is afkomstig vanaf Malawi, Rwanda en Brasil. Die aromas sluit sjokolade en bruinsuiker in, met ‘n romerige lyf. Die koffie word deur Monarch Coffee Cartel gerooster.
LEES OOK: Stert van pasgebore baba verwyder



