Twix-koekies-resep

Deel hierdie storie / Share this story

As jy ’n liefhebber van die Twix-sjokolade is, sal jy mal wees oor hierdie Twix-koekie-resep. Die koekies het ’n krakerige koekiebodem, gevolg deur ’n laag taai karamel, afgerond met tuisgemaakte sjokolade-ganache. Hierdie koekies kan selfs beter wees as die lekkergoed self!

Bestanddele:

Koekies:

  • 1 koppie witsuiker
  • 1 groot eier
  • 1 teelepel vanielje
  • 2½ koppies meel
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel koeksoda
  • 1 koppie ongesoute botter, versag
  • ½ koppie roomkaas, versag

Karamel:

  • 40 karamelblokkies
  • 2 eetlepels room

Sjokolade-ganache:

  • 1 koppie sjokoladeskyfies
  • ¼ koppie room

Metode:

Koekies:

  • Voorverhit die oond tot op 180°C.
  • Voer drie bakplate uit met bakpapier.
  • Klits die botter en roomkaas in ’n groot bak saam tot glad.
  • Voeg suiker, eier en vanielje by die roomkaasmengsel. Klop dan tot gemeng.
  • Roer die meel, sout en koeksoda in ’n aparte bak. Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en klits dit vir ongeveer 30 sekondes of tot goed gemeng.
  • Skep die koekies in eetlepelgroottes met ’n koekie- of maatlepel. Gebruik dan jou hande om dit in ’n bal te rol en druk dit op die bakplaat af, so groot soos die palm van jou hand. Wees versigtig om hulle nie te dun plat te maak nie.
  • Sit die koekies in die oond en bak 9 tot 12 minute totdat die koekies nie meer nat lyk nie. Jy wil dit nie te veel bak nie. Die koekies moet net effens bruin om die kante wees wanneer dit reg is.
  • Verwyder die koekies uit die oond uit en laat dit op ’n draadrak afkoel.

Karamel:

  • Om die karamel te maak, plaas al 40 karamellekkers en 2 eetlepels room in ’n medium glasbak.
  • Plaas dit vir 30 sekondes in die mikrogolf, haal dit dan uit die mikrogolf en roer.
  • Sit dit dan weer vir 30 sekondes in die mikrogolfoond en roer totdat die karamel heeltemal gesmelt is.
  • Skep ongeveer ’n ½ teelepel karamel bo-op elke koekie. Laat die karamel bo-in die middel van elke koekie drup en gebruik ’n lepel om die karamel effens na die kante te druk om ’n groter sirkel karamel te vorm.
  • Sit ’n skinkbord met die  karamelkoekies in die yskas om te verkoel.

Sjokolade-ganache:

  • Verhit die room in ’n medium glasbak vir 30 tot 45 sekondes in die mikrogolfoond, tot kookpunt.
  • Haal dit uit die mikrogolf en gooi die sjokoladeskyfies dadelik in die room. Laat dit vir 5 minute staan voordat dit geroer word.
  • Roer die sjokoladeskyfies saam met die room om die sjokolade heeltemal te smelt.
  • Gebruik ’n lepel om ongeveer ½ eetlepel gesmelte sjokolade op die middel van elke koekie te skep en gebruik die lepel weer om die sjokolade meer na die kante te druk.
  • Verkoel die koekies in die yskas totdat die sjokolade heeltemal gestol is.
  • Geniet!

Oorspronklike resep deur Spaceships and Laser Beams.

LEES OOK: Stert van pasgebore baba verwyder