Ek is verlore sonder ’n dagbeplanner om my afsprake en verpligtinge in neer te skryf en die tyd tot my beskikking behoorlik te beplan. Die volgende dagbeplanners het my oog gevang.
Christen-leefstyl Dagbeplanner vir die vrou 2022
Hierdie is ’n lieflike, stewige en kleurvolle dagbeplanner propvol Bybelversies en inspirerende aanhalings. Elke maand word voorafgegaan deur ’n geestelike skrywe deur skrywers soos John Wesley, Trevor Hudson en Michelle Obama. Elke dag word in halfure opgebreek om afsprake by aan te teken en dan is daar ook plek vir daaglikse notas en maandelikse verjaardag- en doelwitlyste. Ek hou veral van die gerieflike jaarbeplanner waar al die maande se dae oor vier bladsye loop. Daar is ook ’n jaarbeplanner vir 2023 ingesluit plus plek vir adresse en kontakbesonderhede.
Skaf jou kopie hier aan en loer sommer hoe die dagbeplanner binne-in lyk.

Nina Smit Dagbeplanner vir die vrou 2022
Ek hou baie van hierdie kompakte dagbeplanner wat maklik in ’n handsak pas. Die binnekant is met ’n baie sagte en kalmerende groen getint wat dit luuks laat vertoon. Elke dag word in halfure opgebreek vir afsprake en daar is ook plek vir notas. Daar verskyn ’n Bybelversie onder aan elke bladsy. Die dagbeplanner spog ook met ’n jaarbeplanner vir die daaropvolgende jaar, sowel as plek vir adresse en kontaknommers.
Skaf jou kopie hier aan en loer sommer hoe die dagbeplanner binne-in lyk.

Food Daily Planner 2022
Al is ek Afrikaanssprekend oorweeg ek dit baie sterk om hierdie besonderse dagbeplanner vir volgende jaar te gebruik net omdat dit my sal inspireer om ’n gesonde en gebalanseerde dieet te volg. Die dagbeplanner is tjokkenblok vol leersame inligting oor voedsel asook heerlike resepte in volkleur. Elke maand word gewy aan ’n spesifieke heilsame kossoort, soos bv, knoffel, vye, dadels en tamaties (hul gebruike en voedingswaardes word ook gegee). Die heerlike resepte sluit in: Best Ever Super Moist Gluten Free Banana Bread. Baked Spiralized Butturnut Squash Fries en Sautéed Mushrooms with Spinach & Garlic. Elke dag word opgedeel in halfure met plek vir notas en maaltydbeplanning. Daar is ook kalenders en jaar beplanners. Hierdie is ’n kleurvolle en inspirerende boek wat jou aanmoedig om gesond te leef.
Skad jou kopie hier aan en loer sommer hoe die dagbeplanner binne-in lyk.




