Tendai Mtawarira (36), beter bekend as Beast in die rugbywêreld, het Vrydagmiddag op sy Facebook-blad ‘n foto van hom in ‘n toga en ‘n akademiese mus gedeel met die woorde:
“I am so proud of myself. First big academic achievement in my life since A-Levels. On my way to being called Doctor Beast. Thank you @henleyafrica for making this possible. #postgraduate#theskyaintthelimit#chasinggreatnesss.
Henley Business School in Johannesburg het bevestig dat Beast sy nagraadse diploma in bestuurspraktyk voltooi het, asook aansoek gedoen het om sy meesters in besigheidsadministrasie te doen.
Beast is ’n Springbok-rugbyspeler wat ook vir die Natalse Haaie in die Curriebeker en die Sharks in die Superrugby-kompetisie as loskopstut gespeel het. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015 en die Rugbywêreldbeker 2019.




