JOHANNESBURG – Die man wat getuienis gelewer het oor Brendin Horner se moord is deur die polisie geïntimideer nadat hy die staat teengestaan het en die inhoud van sy ondertekende verklaring verwerp het, berig Eyewitness News.
Volgens die publikasie het hy dit self aan hulle bevestig.
Boy Khambule was die staat se sleutelgetuie in sy poging om die moordsaak op te los, aangesien hy beweer het dat hy twee mans gesien het kort nadat hulle na bewering die 21-jarige plaasbestuurder in die Vrystaat vermoor het.
Nadat Khambule getuig het dat alles in sy oorspronklike verklaring onwaar is, het die staat gister toegegee dat hy geen saak teen Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba het nie.
Die twee staan nou tereg op ‘n klag van veediefstal.
Horner is Oktober verlede jaar by ‘n plaashek in die Paul Roux-distrik vermoor.
Foto: Abigail Javier/Eyewitness News




