Die polisie het bevestig ‘n saak word ondersoek na drie kinders in die Oos-Kaap glo oorlede is ná hulle tweeminuut-noedels geëet het.
Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder in dié provinsie, sê die ondersoek is nog aan die gang..
“Geen nuwe inligting is beskikbaar nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”
Volgens Kinana is ‘n nadoodse ondersoek op al drie kinders gedoen en is monsters geneem wat nou getoets gaan word.
Die oorsaak van die kinders se dood sal bekendgemaak word sodra die inligting beskikbaar is, sê Kinana.



