SENEKAL. – Willem Petzer, voorsitter van die Taxpayers’ Union of South Africa, het vanmiddag ’n video op sy Facebook-blad gedeel ná hy met die Pienaar-gesin op Senekal gesels het.
André Pienaar staar tans sewe aanklagte teen hom en vyf jaar tronkstraf in die gesig, ná hy op 6 Oktober 2020 by die optog teen plaasmoorde gearresteer is.
Emosioneel
“Dit was vir my ’n geweldige emosionele ervaring en ek het gesukkel om my pose te hou toe ek daar sit saam met sy gesin, by sy twee klein dogtertjies en sy vrou, en te moet dink wat hulle in hierdie tyd deurgaan.
LEES OOK: Boer staar 5 jaar in die gesig ná optog
Opstokery
“Soos meeste van julle seker weet wat gebeur het op Sekenal, was daar ’n opstokery en ’n paar dinge gedoen, soos byvoorbeeld ’n polisiekar is omgekeer en ’n paar manne het die hof bestorm en daar is ’n paar printers en rekenaars stukkend geslaan.”
Voorbok
Petzer verduidelik dat Pienaar nou aangekla word dat hy die voorbok was en dit alles gelei het. “Hulle wil nou regtig ’n voorbeeld van hom maak.”
Pienaar word onder meer van brandstigting, openbare geweld, poging tot moord, beskadiging van eiendom en aanranding met die doel om ernstig te beseer, aangekla.
“Hulle wil hom in die tronk hê en ’n voorbeeld maak en sê dis wat met jou gebeur as jy vir plaasmoorde opstaan, want hulle wil hierdie man van sy twee pragtige klein dogtertjies af wegvat.”
Hy het op ‘n aparte Facebook-plasing gesê dat hy alles in sy vermoë gaan doen om vir Pienaar te help.
Kyk die volle video hier.




