Die Brendin Horner-saak wat vandag weer in die Betlehem-landdroshof voorgekom het, is pas verby.
Die regter sal môre formeel uitspraak lewer.
Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa is verlede jaar in verband met Horner se moord in hegtenis geneem.
Horner is in ‘n veld met ‘n tou om sy nek aan ‘n paal vasgemaak op sy plaas naby Paul Roux gevind.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT gesê die oorledene het beserings aan sy kop en gesig gehad en is op die toneel dood verklaar. Daar word beweer Horner het die aand van sy moord teruggekeer na die plaas toe hy oorval is. Sy bakkie is later met bloedvlekke gevind.



