Nelson Mandela-baai dalk voor Kersfees sonder water

Deel hierdie storie / Share this story

Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) is sterk op pad na “dag zero”. Met slegs weke se water oor in die metro se damme, misluk sy Plan B weens vertragings in die voltooiing van die Nooitgedacht-waterskema – en tog het inwoners nie hul waterverbruik verminder nie.

Die damme wat Nelson Mandelabaai voorsien, voorsien ook die gewilde somervakansiebestemmings Jeffreysbaai, Kaap St. Francis en St. Francisbaai.

Volgens die Daily Maverick, sê dr. Gisela Kaiser, wie Kaapstad deur sy waterkrisis gehelp het, dat daar slegs weke oor is voordat die damme opdroog. Sy sê jy sal nie meer jou toilet kan spoel nie en dit sal vir maande lank aanhou.

Sy het gewaarsku dat dit wat op die inwoners wag, erger is as wat hulle dink. As jy die waterkrisis wil volg wat tans in Nelson Mandela-baai aangaan, kan jy die Facebookblad hier volg.