Water stroom by Waterwerke

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Duisende liters water stroom al van gisteraand af in Waterwerkestraat, by Waterwerke self, in die pad af.

Appa Van Wyk, wat in die gebied woon, sê hy het gisteraand daar verbygery en die probleem gerapporteer, maar vanoggend toe hy weer daar verby is, het die water steeds pad-af gestroom.

“Ons gaan weer vir ’n hele ruk sonder water sit. Wat vir my baie sleg is, die munisipaliteit het so ‘n ruk gelede gesê dit is die verbruiker wat water mors. Ek is geneig om van hulle te verskil.”

FiND iT het navraag by Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.

LEES OOK: Liggaam van 10-jarige onder bed gevind