Vrou gesoek wat Cleo Smith help versorg het

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Onbekende vrou het glo die Australiese meisie, Cleo Smith (4), help versorg terwyl sy aangehou was.

Die polisie is nou op soek na leidrade oor die vrou.

Cleo het glo aan die speurders gesê dat ‘n vrou die huis, wat sowat 900 km noord van Perth is waar sy aangehou was, besoek het om na haar te kyk. Die vrou het glo gehelp om haar aan te trek en haar hare te kam, het ‘n bron, wie se naam nie genoem mag word aan Daily Mail Australia onthul.

Cleo is na 18 dae uit die huis gered. Die eienaar van die huis, Terry Kelly (36), is sedertdien in aanhouding.

Terry Kelly.

Cleo is op 16 Oktober in die middernagtelike ure uit haar gesin se tent op die Blowholes-kampterrein aan die kus sowat 70 km buite die dorp ontvoer.

7News het berig dat die polisie ook intussen ‘n motor wat in die erf staan, deursoek het.

Senior speursersant Cameron Blaine van die Wes-Australiese polisie het aan verslaggewers wat buite die huis kampeer, gesê dat hulle fokus hierdie week is om vas te stel of daar enigiemand anders by die ontvoering betrokke was.

Cleo en haar ma, Ellie Smith, buite die polisiestasie.