Man wat vrou na bewering vermoor, môre in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy Angie Angelique Fourie (24) Sondagaand in haar woonstel vermoor het, verskyn môre op aanklag van moord in die hof.

Awie Fourie, Fourie se pa, sal nie môre die hofverrigtinge bywoon nie omdat hy ander verpligtinge in Durban het, maar sê daar sal ander familielede in die hof wees wat hom op hoogte sal hou.

“Ek werk vir myself en ongelukkig as ek nie werk nie, het ek ook geen inkomste nie. Ek moet weer Vrydagoggend in Secunda wees om my dogter se lyk uit te ken. Ek moet eers wag vir die nadoodse ondersoek wat eers môre plaasvind.”

Fourie sê verder dat daar op die oomblik soveel weergawes is van wat werklik gebeur het.

Fourie sê sy dogter se buurman het later die aand gesien haar woonstel is aan die brand en het gaan ondersoek instel. Hy het Fourie leweloos op die vloer met ‘n steekwond aan haar nek en merke op haar lyf gevind.

Christopher (Stoffie) Graham Watson (34), Angie Angelique Fourie se eks-kêrel, het Dinsdagoggend 06:45 by Norkem Park-polisiekantoor aangemeld na ‘n landwye soektog na hom van stapel gestuur is, omdat niemand hom in die hande kon kry nie. Kol. Luke Enslin het bevestig Watson het homself vir ondervraging beskikbaar gestel.

Hou FiND iT dop vir die hofverigtinge.

Lees die vorige artikels hier, hier en hier.