‘n Man (34) is vanoggend in hegtenis geneem vir die moord op Angie Angelique Fourie (27).
Die man wat vir moord aangekla word, sal binnekort in die Trichardt-landdroshof verskyn.
Fourie is glo Sondagaand 7 November by haar huis in die Terra Nova-kompleks.
Haar buurman het gesien haar woonstel brand en het ondersoek gaan instel. Fourie is op die vloer met ‘n steekwond aan haar nek en merke op haar lyf gevind.
Mike Bolhuis, privaat-ondersoeker, wil graag die publiek bedank vir hul toegewyde pogings en bystand.
Christopher (Stoffie) Graham Watson, Fourie se eks-kêrel, het vanoggend 06:45 by Norkem Park-polisiekantoor aangemeld vir ondervraging. Watson en Fourie was glo in ‘n rusie betrokke voordat sy dood is.
Lees die vorige berig hier.



