Koffiekoek – Marlene Schoeman

Deel hierdie storie / Share this story

Marlene Schoeman, kookboekskrywer in die Vrystaat deel weereens die week met ons ‘n heerlike resep, dié keer vir koffiekoek.

Bestanddele:
440 ml meel
500 ml suiker
190 ml kakao
7,5 ml koeksoda
3 ml sout
2 groot eiers
250 ml karringmelk
125 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
250 ml gebroude koffie

Metode:

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die droë bestanddele in ‘n groot bak.
Voeg die eiers, karringmelk, botter en vanieljegeursel by en klits dit goed.
Roer die warm koffie by. Die beslag is baie loperig.
Giet die beslag in voorbereide panne en bak vir ongeveer 30 tot 35 minute vir die 20 cm-lae en 25 tot 30 minute vir die 15 cm-lae. Toets met toetspen vir gaarheid. As dit gaar is, sal die toetspen skoon uitkom.
Laat dit effens afkoel in die panne. Keer dit dan op draadrakkies uit om heeltemal af te koel voordat dit versier word.