Twee renosters in die strate van Bloemfontein

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Twee renosters het Dinsdag, tot verbasing van baie motoriste, doodluiters in die strate van Bloemfontein gestap.

Die twee renosters is intussen geïdentifiseer as Shaka en Shakira wat eintlik by ‘n plaaslike natuurreservaat woon.

Die renosters is na Shaka, die bekende Zulu-koning, en Shakira, die Columbiaanse musikant, vernoem.

Die eienaar van die natuurreservaat is omstreeks 06:00 Dinsdagoggend in kennis gestel van die twee renosters wat ontsnap het, berig OFM.

Die renosters se staptog het ongeveer 20 minute geduur voor hulle voorgekeer, met verdowende pyltjies geskiet en veilig na die natuurreservaat teruggeneem is.

Kyk hier na die video.