Só lyk dit op 1 November in Bloemfontein

Deel hierdie storie / Share this story

Igno van Niekerk (55) deel ‘n paar foto’s van hoe dit op 1 November, Stemdag, in die strate van Bloemfontein gelyk het.

Igno, wat al langer as 25 jaar in Bloemfontein woon, vertel hoe sleg dit vir hom is dat die stad waarin hy woon, op Stemdag in só ‘n toestand wass.

“Gewoonlik is die gedagte voor Stemdag om die strate so mooi skoon as moontlik te maak. Maar dit was hierdie jaar asof al die partye moedeloos was.”

Igno vertel hoe hy skaam kry as mense vir hom kom kuier. “Dis regtig sleg dat Bloemfontein so sleg lyk. Ek skaam my altyd dood.”

Hier is ‘n paar van die foto’s van vullis wat onder lamppale in Bloemfontein lê, ironies genoeg reg onder die partye se advertensieborde.