GAUTENG. – Die polisie op Hekpoort het Maandag 25 boerbokke gered en ‘n 31-jarige in hegtenis geneem.
Die polisie was besig met ‘n stop-en-deursoek-roetine toe hulle ‘n wit bakkie met boerbokke agterop afgetrek en deursoek het.
Na ondersoek kon die polisie vasstel die bokke behoort aan ‘n boer op Rustenburg wat vroeër ‘n saak van veediefstal oopgemaak het.
Die bestuurder van die bakkie is in hegtenis geneem.



