Dale Harmse kort na ontsnapping vasgekeer

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die 48-jarige Dale Robert Harmse wat vroeg vanoggend uit die plaaslike polisieselle ontsnap het, is vinnig weer op George in hegtenis geneem.

Harmse het voorgegee om ‘n gevangene te wees wat vanoggend vrygelaat moes word.

Die polisie het vinnig na sy ontsnapping vanoggend om 07:10 na hom begin soek.

Harmse het gister in die hof verskyn op aanklagte van bedrog.