Vrou by hospitaal opgehang gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die liggaam van ‘n 25-jarige vroulike pasiënt is Woensdag omstreeks 14:30 by die psigiatriese hospitaal in Kimberley opgehang gevind.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley, sê die pasiënt is glo by die hospitaal opgeneem ná ‘n selfdoodpoging.

Volgens Jansen het die polisie reageer op ‘n oproep oor die vrou se liggaam wat gevind is.

Sy is op die toneel deur ‘n dokter dood verklaar.