Die liggame van Susanna “Soekie” Rademeyer (59) en haar dogter, Melissa Jacobs (26), is dae uitmekaar gekry ná die twee vroue vermis geraak het.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê Rademeyer se liggaam is Woensdag omstreeks 10:23 op die rotse in Vishoek gevind.
Dit volg na verskeie reddingspanne vir byna twee dae na Rademeyer gesoek het na Jacobs se liggaam Maandag op die Noordhoek-strand uitgespoel het.
Volgens Van Wyk het die ma en dogter se bure hulle Maandag as vermis aangemeld na hulle Vrydag laas gesien is.
Die twee vroue het Vrydag met hulle hondjie in ‘n taxi geklim. Die hondjie is Woensdag gekry.



