Meadow Walker, dogter van die oorlede akteur Paul Walker, het ‘n foto op Instagram gedeel waar haar pa se kollega en Fast & Furious-ster, Vin Diesel, saam met haar na die kansel stap by haar troue.
Meadow was maar 15 jaar oud toe haar pa sewe jaar gelede in ‘n motorongeluk oorlede is.
In die foto dra Diesel ‘n liggrys pak en ‘n sonbril en Meadow lyk beeldskoon in haar trourok.
Kyk hier na die plasing op Instagram.



