Vermiste tienerseun by familie gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die vermiste tienerseun Morne Pelser (16) is veilig by familielede opgespoor.

Volgens die polisie het Pelser op 23 Oktober by die Charlotte Theron-kinderhuis in Betlehem vermis geraak en is hy op 25 Oktober by familielede in Kroonstad gevind.

“Hy is veilig en ongedeerd,” het Betlehem se polisie-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade bevestig.”

Die vermiste persoon-saak is toegemaak.

Lees ook: Die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co. is hier