Beste kliëntediens: A1 Tommie’s Services & Repairs

Deel hierdie storie / Share this story

A1 Tommie’s Service & Repairs is deur Kimberley Online Co. se lesers genomineer as een van die besighede in die stad wat die beste kliëntediens lewer.

Tommie’s vier ook hulle tiende verjaarsdag in Januarie 2022 en het verlede maand ’n vyfstergradering by RMI gekry.

Die eienaars Tommie (53) en Carol van den Berg (52) is 28 jaar getroud en die paartjie sê hulle is baie opgewonde oor die vyfstergradering wat hulle ontvang het.

“Dit beteken mens doen iets reg. Ons probeer altyd dinge skoon, netjies en aan die kant hou,” sê Tommie.

“Kliëntediens is vir ons baie belangrik. Dit is jou kliënte wat vir ander van jou besigheid en diens vertel. ‘Word of mouth’ is die beste adverteerder.”

Tommie vertel ook hulle lewer diens aan ’n wye area en dat dienslewering hulle topprioriteit is.