Van ‘Facebook’ na ‘Meta’?

Deel hierdie storie / Share this story

Facebook het Donderdag aangekondig dat hy sy naam na “Meta” verander.

Dié naamsverandering volg na dit aan die lig gekom het dat die maatskappy as meer as net ‘n sosialemediaplatform bekend wil staan. Die maatskappy wil glo sy fokus op die bou van ‘n metaverse weerspieël.

Mark Zuckerberg het vir die eerste maal in Julie bekendgemaak dat hy uiteindelik wil hê dat Facebook ‘n “metaverse maatskappy” raak. Die maatskappy het ook verlede week gesê dat hy 10 000 mense oor Europa wil aanstel juis om sy “metaverse”-projek uit te brei.