Pasgebore baba in kombersie toegedraai in straat gevind

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die Belville-polisie vra die gemeenskap se hulp om ‘n verlate pasgebore baba en/of sy ouers op te spoor.

Volgens die polisie is die babatjie om ongeveer 07:00 op 2 Oktober, toegedraai in ‘n wit-en-grys kombersie, in Karoostraat, Oakdale, Belville gevind.

“Die kind is deur inwoners in die area ontdek en hulle het die polisie gekontak en ‘n saak van kinderverlating is oopgemaak.”

Die polisie sê die babatjie is in ‘n gesonde toestand.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte sers. Reginald Wakefield by 073 511 5824 skakel.