VRYSTAAT. – ’n Student (19) is glo Woensdag 27 Oktober 2021 deur twee mans ontvoer en van haar besittings beroof.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die student is omstreeks 18:00 deur twee mans in ’n silwer Toyota Yaris in Nelson Mandelarylaan, Bloemfontein gestop.
“’n Verdagte in die passasierssitplek het glo ’n vuurwapen op haar gerig en haar beveel om in die voertuig te klim. Die twee verdagtes het met haar in die kar weggejaag.
“Die twee verdagtes het die slagoffer glo van haar selfoon en ’n bankkaart beroof. Hulle het haar toe by die ingang van die Universiteit van die Vrystaat afgelaai. ’n Saak van ontvoering en gewapende roof is by die Parkweg-polisiestasie geopen.”
Enigiemand met inligting rakende die insident kan vir sers. Mvula Khene by 076 757 8241 skakel.
LEES OOK: Beste kliëntediens: A1 Tommie’s Services & Repairs



