Polisie steeds op soek na verdagtes na roof by winkelsentrum

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Die polisie in Brooklyn soek steeds na drie verdagtes terwyl ‘n ’n saak van roof en poging tot moord ondersoek word. Dit volg na nadat twee mense geskiet en gewond is tydens ‘n rooftog by’n juwelierswinkel in Menlyn-winkelsentrum.

“Daar word beweer dat drie verdagtes, twee mans en ‘n vrou, die winkel binnegegaan en met ‘n vuurwapen juwele geëis het. Een van die werknemers het daarin geslaag om die paniekknoppie te druk en die verdagtes het glo weggekom met slegs die juweliersware wat uitgestal was,” sê Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder.

Op pad uit het hulle ‘n veiligheidsbeampte opgemerk en na bewering op hom begin skiet. ‘n Klant het ook ‘n skietwond tydens die skietery opgedoen. Albei beseerdes is na ‘n hospitaal vir mediese behandeling geneem.

“In hierdie stadium is die verdagtes onbekend en die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat inligting oor hierdie voorval het om asseblief die Stop Misdaadnommer 08600 10111 te kontak of alternatiewelik kan anonieme wenke deur die My SAPS App gegee word. Alle inligting wat ontvang word, sal met die grootste vertroulikheid hanteer word.”

LEES OOK: KYK: Rooftog by Menlyn-winkelsentrum, twee geskiet

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.