John Steenhuisen besoek Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

Met minder as ‘n week oor om die party se veldtog te voer voordat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan vir spesiale stemme, besoek John Steenhuisen, DA-leier, Kimberley saam met Siviwe Gwarube, die DA se nasionale woordvoerder en Cilliers Brink, die DA se skaduminister van samewerkende regering.


Die span is vandag in Kimberley om die stem in die Noord-Kaap te konsolideer.

Steenhuisen en sy kollegas word hartlik buite die lughawe verwelkom deur ‘n groep DA-lede, waaronder provinsiale leier, Harold McGluwa, provinsiale voorsitter, Isak Fritz en ‘n aantal ondersteuners.


Steenhuisen en die veldtogspan sal Kimberliete aanmoedig om op 1 November vir die DA te stem, om ‘n beter toekoms vir die diamantstad te bou en die toestand van die gebroke ANC-geleide Sol Plaatje-munisipaliteit om te keer.


Hulle sal ook aan belanghebbendes uit die sakesektor vertel hoe die DA beplan om die migrasie van plaaslike ondernemings uit Kimberley te stuit en om die plaaslike ekonomie weer aan die gang te kry.


Die span gaan van die lughawe na ‘n sakeontbyt.


Hulle neem dan deel aan ‘n groot saamtrek in Roodepan, waar Steenhuisen ‘n toespraak sal lewer.

Ontmoet ons weer omstreeks 11:00 om te hoor wat John Steenhuisen te sê het oor die Sol Plaatje-munisipaliteit, en wat ‘n DA-regering sal doen om die gebroke stad Kimberley om te draai.

Kyk die video van hoe Steenhuisen in Kimberley aangekom het, hier.

*Advertensie