Fase twee beurtkrag word vandag vanaf 09:00 tot 05:00 tot Saterdag geïmplementeer.
Dit is as gevolg van ’n tekort aan opwekkingskapasiteit.
Terwyl Eskom-spanne in die vroeë oggendure elkeen ‘n eenheid by die Kusile-, Matimba- en Arnot-kragstasies suksesvol terugbesorg het, het verdere vertragings met die terugkeer van ander eenhede na diens die kapasiteitsbeperkings vererger, wat die vermoë om die noodopwekkingsreserwes aan te vul, belemmer.



