Polisieman as vermis aangemeld paar dae voor sy troue

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Die Mbongolwane-polisie soek hulp van die gemeenskap om sers. Simphiwe Phumlani Lucas Sibiya (43) op te spoor wat ‘n paar dae voor sy troue as vermis aangemeld is.

Sers. Sibiya werk ook by die Mbongolwane-polisiekantoor.

Vermis voor sy troue

“Die beampte was laas om 22:00 op Woensdag 20 Oktober 2021 by sy huis in die Ndikilini-omgewing in Mbongolwane. Hy sou op 24 Oktober 2021 trou,” sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.

Die polisie versoek enigiemand met inligting oor waar die persoon hom bevind, om a.o. Hadebe by 082 459 1829 of Crime Stop by 0860010111 te kontak.

LEES OOK: ‘Ons gaan haar kry, ons moet haar kry,’ sê vermiste 4-jarige se ouers

LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.