Vuurwapens, ammunisie ondergrond begrawe, gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Die polisie opKrugersdorp, distrik Wes-Rand, het ‘n ondersoek begin na ‘n ontdekking van vuurwapens wat in die veld begrawe was.

“Daar word beweer mense wat op 21 Oktober 2021 omstreeks 10:00 vuurmaakhout in die veld versamel het, het op ‘n pak skokgranate afgekom,” volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder.

Verskeie vuurwapens begrawe gevind

Polisiedepartemente is in kennis gestel en polisiebeamptes is onmiddellik na die toneel ontbied. Volgens die polisie is vier AK-47’s, 20 handgranate, twee 9 x 18 mm vuurwapens, tien ontstekers en 16 AK-47 magasyne met 480 rondtes ammunisie asook ‘n verseëlde boks met 700 rondtes ammunisie gevind.

‘n Ondersoekdossier word by die Krugersdorp-polisiekantoor vir verdere ondersoek geregistreer.

LEES OOK: 4-jarige Cleo Smith vermis na kampuitstappie

LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.