QONCE. – Die polisie soek na ‘n man wat glo kan help met leidrade na ‘n vrou, in haar twintings, se naakte liggaam gevind is.
“Daar word beweer dat ‘n vrou se naakte liggaam Woensdagoggend 20 Oktober 2021 langs die Ilitha-hoofweg buite Qonce met kneusplekke en steekwonde aan gevind is,” sê kapt. Mluleki Mbi, polisiewoordvoerder.
Naakte liggaam langs pad
Die polisie volg tans bestaande leidrade op en doen ‘n beroep op die betrokke man om na vore te kom. Die polisie vra ook dat die publiek sal saamwerk deur inligting te verskaf wat tot die inhegtenisname van die skuldige kan lei.
Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, konst. Malibongwe Javu, te kontak by 0829588972 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.
LEES OOK: 4-jarige Cleo Smith vermis na kampuitstappie
LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



