GQEBERHA. – Die Mount Road-speurders vra die gemeenskap se hulp om ‘n onbekende man te identifiseer wie se liggaam op New Brighton-strand gevind is.
Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het vissermanne na bewering op 19 September 2021 omstreeks 08:30 die liggaam van ‘n man gevind wat moontlik verdrink het. Hy was geklee in ‘n ligblou langmoutop en ‘n ligblou denim en swart tekkies. Daar word vermoed dat hy tussen 20 en 30 jaar oud is.
Onbekende man se liggaam gevind
‘n Saak is geopen en word tans ondersoek.
Enigiemand wat kan help om die oorledene te identifiseer of die naasbestaandes op te spoor, kan a.o. Riaan Steyn by Mount Road-polisie by 082 657 0447 of die Crime Stop-nommer by 08600 10111 skakel.
LEES OOK: Vrou steek man se ‘skelmpie’ met eetlepel
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



