GAUTENG. – ‘n 10-jarige kind is dood en vyf volwassenes is beseer in ‘n botsing tussen ‘n Toyota Avanza en ‘n afleweringsvragmotor by ’n kruising in Krugersdorp.
ER24-paramedici het gisteraand om 19:51 op die toneel aangekom. Die volwassenes van die Avanza het hulself uit die wrak bevry. Die kind was steeds in die voertuig vasgekeer en het geen tekens van lewe getoon nie. Die 10-jarige is op die toneel dood verklaar
Twee volwasse mans, vermoedelik in hul twintigs, het ernstige beserings opgedoen en het lewensondersteuningsintervensies nodig gehad voordat hulle na ‘n hospitaal vervoer is. Een vrou, in haar dertigs, het matige beserings opgedoen en is ook deur ER24 behandel en na die hospitaal vervoer.
Nog twee volwasse mans het ligte beserings opgedoen en is deur die ander nooddiens op die toneel behandel en vervoer.
Drie insittendes van die vragmotor het na bewering van die toneel gevlug. Die metropolisie was egter op die toneel vir ondersoeke.
LEES OOK: Boer Garth nóg ‘n week agter tralies na skietery op plaas
LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



