October 18, 2021

Werker beland onder wiele van vragmotor

Die man is op die toneel deur Netcare 911 en Emer-G-Med behandel.

Werker beland onder wiele van vragmotor

Werker beland onder wiele van vragmotor Foto: Netcare 911

GAUTENG. – Netcare 911 is Woensdagmiddag om 13:50 ontbied na waar ‘n voetganger deur ‘n voertuig in Amberfield Valley in Centurion Pretoria raakgery is.

Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê verslae dui daarop dat die remme van die voertuie na bewering tydens die aflaai van drank gefaal het. Dit het daartoe gelei dat die vragmotor terugrol en ‘n werker onder die wiele van die vragmotor beland het.

Werker onder vragmotor

“Toe paramedici op die toneel kom, het hulle gevind dat die 47-jarige man ernstige beserings opgedoen het.”

Die man is op die toneel deur Netcare 911 en Emer-G-Med behandel. Nadat die man gestabiliseer is, is daar met hom met die Netcare 911-helikopter na die hospitaal vir verdere sorg gevlieg.

LEES OOK: Man uit op borg verkrag en hou 16-jarige gyselaar

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *