37 na kliniek geneem na beweerde voedselvergiftiging

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Sewe en dertig mense is gisteraand in die hospitaal opgeneem ná ‘n beweerde geval van voedselvergiftiging in Seawinds, Wes-Kaap.

ER24 berig hulle paramedici saam met Life Healthcare en Metro Services het om 22:10 gisteraand in St Patricklaan aangekom en ‘n aantal volwassenes en kinders te vind wat by twee informele huise saamgedrom het.

Mense in kliniek na beweerde voedselvergiftiging

Daar word beweer ‘n aantal mense het almal ‘n gemeenskaplike maaltyd geëet voordat hulle maagkrampe, naarheid en braking begin ervaar het.

Paramedici het die mense ondersoek en gevind dat verskeie kinders ook simptome ervaar het. Die mense is behandel en daarna na ’n nabygeleë klinieke vir dringende sorg geneem.

Die betrokke owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

LEES OOK: Man uit op borg verkrag en hou 16-jarige gyselaar

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.