October 18, 2021

‘Stééds geen waarskuwing, geen water’ sê Warrenvale-inwoner

“Die langste wat ons al sonder was, was drie weke.”

'Stééds geen waarskuwing, geen water' sê Warrenvale-inwoner

'Stééds geen waarskuwing, geen water' sê Warrenvale-inwoner Foto: Balkan Plumbing

WARRENVALE. – ‘n Warrenvale-inwoner is al moedeloos terwyl die agtste dag aanbreek waarop hulle die dag sonder ‘n druppel water aanpak.

‘n Inwoner vertel hulle het meer as ‘n week gelede die oggend opgestaan en daar was geen water in die kraan nie. Volgens haar was daar geen waarskuwing oor die water wat net afgesit sou word nie.

“Ek het die plaaslike munisipaliteit al talle kere gebel en probeer antwoorde uit hulle kry. Later het ons gehoor hulle sukkel met ‘n filter en dat die gasket van die pomp glo gebreek het.”

Sy en haar seuntjie (16) het velkanker en die water wat hulle tans gaan tap by ‘n boorgat maak hom vreeslik sien. Die gesin bly ‘n ent uit die dorp uit en omdat daar nie water in hulle huis beskikbaar is nie, moet hulle talle kere ‘n week inry dorp toe.

“Ons gebruik nou soveel ekstra petrol en ons ondervind nou selfs probleme met ons motor.”

Volgens haar is dit nie die eerste keer dat hulle sonder water is nie. “Dit gebeur gereeld. Die langste wat ons al sonder was, was drie weke.”

Na verdere navraag het die munisipaliteit aan die familie gesê hulle behoort gister water te hê. Toe die gesin opstaan, was die krane steeds leeg.

“Ons kan nie so aangaan nie!”

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *