January 26, 2022

Reddingskake na botsing gebruik om mans uit vragmotors te bevry

Reddingskake na botsing gebruik om mans uit vragmotors te bevry

Reddingskake na botsing gebruik om mans uit vragmotors te bevry Foto: Netcare911

KWAZULU-NATAL. – Netcare 911 is Donderdagmiddag 13:38 ontbied na ‘n botsing tussen vragmotors op die M4 in Mobeni, Durban-Suid.

Verslae dui aan dat twee vragmotors in ‘n botsing betrokke was. Volgens Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici het die toneel beoordeel en gevind dat twee volwasse mans ligte beserings opgedoen het.

Mans uit vragmotors na botsing bevry

Beide mense was vasgekeer en is deur die Ethekwini-brandweer en -reddingsdienste sowel as die Durban Metropolitan Police Search and Rescue uitgehaal. Reddingskake moes in die proses gebruik word.

“Beide mans is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na ‘n hospitaal vir verdere sorg vervoer is.”

LEES OOK: Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published.