December 3, 2021

Reeks kitsbanke sedert begin 2021 opgeblaas

“Tydens die ondersoeke het aan die lig gekom dat Syco Mashifane (46) van die Maserumule-park in Sekhukhune die polisie kan help met inligting rakende verskeie aanvalle in Limpopo,” sê die polisie in ‘n verklaring.

Reeks kitsbanke sedert begin 2021 opgeblaas

Reeks kitsbanke sedert begin 2021 opgeblaas Foto: Ars Technica

LIMPOPO. – Die ondersoekspan van die polisie in Limpopo soek inligting wat kan help om die verdagtes wat sedert Januarie 2021 betrokke was by die opblaas en beroof van ‘n reeks kitsbanke in verskillende gebiede van die Sekhukhune-distrik op te spoor.

“Tydens die ondersoeke het aan die lig gekom dat Syco Mashifane (46) van die Maserumule-park in Sekhukhune die polisie kan help met inligting rakende verskeie aanvalle in Limpopo,” sê die polisie in ‘n verklaring.

Kitsbanke opgeblaas

Daar word geglo dat hy in Mamelodi, Gauteng, is.

Die polisie doen ‘n beroep op Mashifane om by die naaste polisiekantoor aan te meld, aangesien hy mootlik met genoemde sake kan help.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneminga van die verdagtes of wat weet waar Syco Mashifane is, kan die speurdersersant Phaladi Makola by 082 749 2233 of lt.kol. Richard Boshomane by 079 894 5501 kontak.

LEES OOK: Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *