DURBAN. – Netcare 911 is gisteraand om 18:50 deur Marshall Security ingelig dat ‘n bejaarde vrou in haar woning in Parkhill Durban-Noord vasgebind is en geen tekens van lewe toon nie.
Netcare 911 berig toe die paramedici op die toneel kom, het hulle ‘n bejaarde dame, ongeveer 70 jaar oud, op die vloer gevind. Sy was aan haar hande en voete vasgebind.
Die bejaarde is ondersoek, maar het geen tekens van lewe getoon nie en is deur paramedici dood verklaar.
Omstandighede oor die voorval word deur die polisie ondersoek.
LEES OOK: Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



