MPUMALANGA. – ‘n 13-jarige seun het ernstige beserings opgedoen toe hy gistermiddag deur ‘n motor langs die R29 in Kinross raakgery is.
ER24 berig net voor 14:30 het paramedici van ER24 op die toneel aangekom waar hulle die seuntjie in die pad gekry het. Polisielede was besig om noodhulp op hom toe te pas.
Seun na hospitaal geneem na hy raakgery is
Paramedici het die seun op die toneel ondersoek en hom vir ernstige kopbeserings behandel. Hy is op die toneel gestabiliseer en is na die Evander-hospitaal vir verdere behandeling geneem.
Volgens ER24 is die bestuurder van die voertuig is nie op die toneel gevind nie. Die presiese omstandighede oor die voorval is nog nie bekend nie.
LEES OOK: Glencoe-boer stééds agter tralies, nog klagtes bygelas
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



