Tienermeisie van Polokwane steeds vermis na sy huis verlaat

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE – Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Polokwane het ‘n soektog begin na ‘n tienermeisie, Makoma Judith Marutha (16), woonagtig in Woodhill Estate, Bendor in Polokwane, al meer as ‘n maand vermis is.

“Daar word beweer dat sy op 20 Julie omstreeks 18.00 laas gesien is. Sy het die huis verlaat sonder om haar familie in kennis te stel. Sedertdien het sy nooit teruggekeer huis toe nie,” sê lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder.

Polokwane-tienermeisie steeds vermis

Dit is onbekend wat sy aangehad het met haar verdwyning. Die polisie-soektog by familielede, vriende en die omliggende gebiede was sonder sukses.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die vermiste tienermeisie op te spoor, moet die ondersoekbeampte, Peter Mangakeng, by 0827289831 of die Stop Misdaad-nommer 0860010111 skakel.

Die polisie se ondersoek duur steeds voort.

LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.