Mediese personeeel, pasiënte by kliniek glo met vuurwapen aangehou

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Die polisie op Vosman het ‘n soektog na verdagtes begin nadat mediese personeel en pasiënte by ‘n kliniek na bewering met ‘n vuurwapen aangehou is.

Volgens die polisieverklaring het twee gewapende verdagtes by die Empumelelweni-kliniek op Vosman ingegaan en na bewering die veiligheidswagte, sowel as die hele personeel asook pasiënte, met vuurwapens gyselaar gehou. Daarna is die personeel en pasiënte glo van hul persoonlike items beroof voordat die aanvallers van die toneel gevlug het.

Vermeende rowers vlug van kliniek na voorval

Tydens die rooftog is die slagoffers na bewering aangerand, terwyl ander met pepersproei bespuit is. Sommige veiligheidswagte het beserings opgedoen.

Die voorval is daarna by die polisie op Vosman aangemeld waarna ‘n saak geopen is en ‘n ondersoek begin is.

Die polisie op Vosman doen ‘n beroep op lede van die publiek om hulp te verleen met inligting rakende hierdie voorval. Skakel kol. One Thobejane by 082 372 2195 of bel Crime Stop by 08600 10111 indien jy enige inligting het. Alle inligting word as vertroulik hanteer, en bellers kan verkies om anoniem te bly.

LEES OOK: Boksburg aan die gons oor tiere op erf langs kleuterskool

LEES OOK: Babatjie toegedraai in asblik op dorp gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.