KIRKWOOD. – ’n Man se liggaam is Saterdagoggend omstreeks 00:15 langs die pad in Newtonstraat gevind. Die identiteit van die man is steeds onbekend.
Die polisie het ’n oproep van ’n onbekende persoon af ontvang wat hulle ingelig het van ’n beseerde man wat langs die pad lê.
By hulle aankoms het die polisie die man met ’n messteek in sy bolyf aangetref. Die man het ’n blou denim en ’n grys kappietop aangehad.
Die polisie op Kirkwood versoek die gemeenskap se hulp om die oorledene te identifiseer en sy naasbestaandes op te spoor.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om a.o. Gabriel Hobbs by 042 230 7314 te skakel.
’n Saak van moord is geopen.
LEES OOK: 10 jaar gelede: grusame Welkom-moord
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



