RUSTENBURG. – Die LUR vir gesondheid in Noordwes, Madoda Sambatha, het gister besluit om die Phokeng-lykshuis tydelik te sluit.
Die Phokeng- forensiese lykshuis bied forensiese patologiese dienste aan die Rustenburg-distrik en verskeie ander omliggende distrikte.
“Die fasiliteit ondervind talle infrastruktuuruitdagings, waaronder water en elektrisiteit. Dit het die funksionaliteit van die forensiese dienste in die eenheid ernstig beïnvloed,” lui ‘n verklaring wat deur die departement van gesondheid uitgereik is.
Lykshuis tydelik gesluit
Na ‘n beoordeling van die fasiliteit wat op 30 September 2021 gedoen is, het die LUR opdrag gegee dat die fasiliteit tydelik gesluit word vir onmiddellike onderhoud.
“Forensiese dienste word herlei na die Brits- forensiese lykshuis en alle vervoerkoste sal deur die departement van gesondheid gedra word.”
LEES OOK: Inligting gesoek na valskermswewer by Leeukop sterf
LEES OOK: Heilbron-boer dood deur plaaswerker aangetref
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



