WES-KAAP. – Sewe maande nadat die 23-jarige valskermswewer, Roderick Theron, noodlottige beserings tydens sy skermsweef vanaf Leeukop opgedoen het, soek die polisie na inligting. Die polisie vra die publiek se hulp om enige inligting rakende die saak te rapporteer.
Volgens Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het die voorval op 20 Februarie 2021 gebeur toe Theron vanaf Leeukop geskermsweef het. Hy is na die voorval in die Chris Barnard-hospitaal opgeneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Dossier geopen na valskermswewer sterf
‘n Dossier vir ondersoek is geopen.
Enigiemand met inligting oor hierdie voorval word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel, andersins kan die ondersoekbeampte, speurder-sersant Jerome Matthews, by 081 432 6150 gekontak word.
LEES OOK: Jacob Zuma-stigting wil nasionale biddag vir Zuma reël
LEES OOK: Ses mense, waaronder drie kinders, dood na vragmotor glo U-draai maak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



