KIMBERLEY. – Ockie Fourie, DA-raadslid, en vyf vrywilligers het vanoggend die duikweg in Beaconsfield weer rybaar gemaak.
Hulle het die gate toegegooi, gelykgemaak en die sand en grond uit die pad verwyder.
Fourie sê besigheidsmense van die gebied kla oor die toestand van die pad deur die duikweg.
“Mense se voertuie word beskadig en mens kan ook glad nie in die nag sien nie. Ek is verbaas daar het nog nie ’n ernstige ongeluk gebeur nie.”


LEES OOK: Kimberley Online Co. 1 Oktober 2021
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



